Kontak Nommers

083 468 9944
082 696 6310

Adres

Zonderwaterweg, Cullinan, 1000 (R515)
25°41’15.5”S 28°32’22.8”E

Oor Ons

GK Cullinan

Sondag erediens 09:00 en Katkisasie 10:15
Kom geniet koffie en tee saam na afloop van die erediens.

Erediens Opnames

Druk hier

Kalender

Druk hier

Kontak Ons

Druk hier

Kerk

Geskiedenis

Die Gereformeerde kerk Cullinan is die sesde oudste van die 11 gemeentes in die GKSA se Klassis Oostelike Pretoria. In 2015, toe hier 171 belydende en 41 dooplidmate was, was dit die vyfde kleinste gemeente in die klassis. Volgens die 2024 Almanak is daar tans 105 belydende lidmate, 19 dooplidmate en 68 besoekpunte – die vierde kleinste gemeente in die klassis.

Die Gereformeerde kerk Cullinan is gestig op 10 September 1966, met die afstigting vanaf die Gereformeerde kerk Bronkhorstspruit. Na afstigting het die gemeente uit 8 wyke bestaan. Eredienste is aanvanklik in die Presbiteriaanse kerk, toe die skoolsaal en nog later in die Voortrekkersaal gehou. Intussen het die gemeente 6 morg grond, teen R112,50 per morg, aangekoop by die Zonderwater-gevangenis. Die eerste gebou was ‘n kerksaal wat op 26 Julie 1970 in gebruik geneem is. Die boukoste was R21 000 en dr. B.R. Kruger het die hoeksteen op 2 Mei 1970 gelê. Die inskripsie op die hoeksteen is uit Psalm 84:2 “Hoe lieflik is U woninge”. 

Die huidige stewige en ruim prekstoel, het ‘n smal preekstoeltjie vervang.

Die eiesoortige kanselkleed is ontwerp en gemaak deur Helena Storm. Die kanselkleed het ‘n roomkleur agtergrond met goudkleurige borduurwerk.

Die Alfa en Omega is duidelik sigbaar vanaf enige plek in die kerk. Om die fyner detail – Jesus se Ek is-uitsprake – te sien, moet jy nader kom aan die kanselkleed.

Dit beeld die simboliek van die kanselkleed uit: As jy na die Woord van God wil kyk, moet jy fyn kyk! 

Die eerste orrel is geskenk deur die Bronkhorstspruit moedergemeente en is later vervang deur ’n baie unieke pyporreltjie. Die orrel het nie voetnote nie en is heel moontlik die kleinste pyporrel in die kerkverband is. Met verloop van tyd is die saal omskep in ’n volwaardige kerkgebou, met die aanbou van vleuels en ‘n moederskamer.

Die gemeente se eerste pastorie was ’n huis wat gratis aan die gemeente beskikbaar gestel is. Later het die gemeente ’n ruim en doeltreffende pastorie langs die kerk laat bou teen ’n koste van sowat R30 000. Die huis word tans gebruik as skool deur Uitkoms Akademie – ‘n ICO skool. Die katkisasielokale, wat bestaan uit ’n saal met klaskamers wat daaruit loop, is deur die lidmate self gebou op ’n deel van die terrein van die ou Italiaanse krygsgevangekamp.

Ds Nardus Droomer, 1973 – 1983

Predikante

Ds Nardus Droomer, 1973 – 1983
Ds Arie Bogaards, 1984 – 1986,
Ds M.J. van der Walt, 1987 – 1988
Ds Lourens Aucamp, 1989 – 2005 (aanvaar sy emeritaat)
Ds Ockert Oosthuizen, 2005 – 2009
Ds G.J. Niemann, 2010 – 2019
Ds Paul van den Berg (hulpdienspredikant), 2020 tot hede

Kommunikasie

DopperDinge en ander Inligting

Ons weeklikse nuusbrief hou jou op datum met al die Dinge wat Cullinan se Doppers mee besig is.

Hierdie Sondag

Druk hier

Verlede Sondag

Druk hier

Die Vorige Sondag

Druk hier

Gemeente

Aktiwiteite & Projekte

Bybelstudie

Inligting volg binnekort

Katkisasie

Inligting volg binnekort

Susters

Inligting volg binnekort

Ander

Inligting volg binnekort

Diakonale Projekte

Inligting volg binnekort

Word Deel

Ons sien uit daarna om jou te ontmoet